Bekroonde skrywer vergeet nie sy Namibiese wortels  

Die Namibies-gebore bekroonde skrywer Zirk van den Berg het weer ‘n boek gepubliseer wat in Namibië afspeel. Geheim van die gruwelsand speel onder meer in die Sperrgebiet in die Tweede Wêreldoorlog af. Resensente beskryf die boek as een van die heerlikste verbeeldingsvlugte. Van den Berg wat in Nieu-Seeland woon, besoek Namibië gereeld vir sy navorsing oor sy boeke. Hy gesels uit Auckland met Kosmos 94.1 Nuus.