Bekker beklink sy tweede oorwinning in die Dimension Data Pro-Am

Die Suid-Afrikaner Oliver Bekker het sy tweede Dimension Data Pro-Am-titel gewen nadat hy die Sweed, Adam Blomme, op Fancourt in George in die Wes-Kaap met vier houe geklop het. Bekker het die laaste ronde met ‘n voorsprong van vyf houe begin en met 68 afgesluit om algeheel met 22 onder baansyfer te wen. Blomme het op 18 onder baansyfer klaargemaak met ‘n laaste ronde van 66. Hennie O’Kennedy van Suid-Afrika en Chris Paisley van Engeland deel die derde plek. Bekker sê hy is tevrede met sy spel: