Bekende wetenskaplike Hauptfleisch slaan gesogte beurs toe

Die Namibië Natuurstigting, NNF, in samewerking met Oppenheimer Generations Research and Conservation, het die Oppenheimer Generations Research Fellowship in People and Wildlife aangekondig. Hierdie baanbrekende beurs, wat in die Natuurstigting gesetel is, verteenwoordig groot vooruitgang in Namibië se bewaringspogings, en is daarop gemik om die gaping tussen mense en natuurlewe regoor Suider-Afrika te oorbrug. Die beurs is toegeken aan professor Morgan Hauptfleisch, die NNF se direkteur van navorsing, en ‘n bekende figuur in die Namibiese bewaringslandskap. Hy lei al dekades lank innoverende navorsing en bewaringstrategieë wat nie net wild beskerm nie, maar ook die komplekse interaksies tussen mens en natuur aanspreek. Die mediabekendstelling van die beurs vind vandag plaas. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met professor Hauptfleisch wat meer inligting verskaf.