Bek- en klouseer moet beter beheer word

Die Rooivleis-produsente-organisasie in Suid-Afrika sê die uitbreking van bek-en-klouseer kan ‘n groot ekonomiese uitwerking op die rooivleisbedryf hê indien dit nie beheer word nie. Die voorsitter, James Faber, sê die siekte kan die plaaslike bedryf in ‘n finansiële ramp dompel met sommige Suid-Afrikaanse veeboere wat onwillig is om volhoubare en deeglike bioveiligheidsmaatreëls op hul plase in te stel. Faber sê kopers wat diere met gesplete hoewe onwettig in beskermde gebiede, koop, vervoer of verkoop, moet aangemeld word.