Bek- en klouseer: boere moet vergoed word vir gedwonge slag van diere

Die Rooivleis-produsente-organisasie in Suid-Afrika sê slegs ‘n paar boere wat gedwing is om hoenders, varke en beeste weens bek- en klouseer te slag, is tot dusver vergoed. Corine Steyn van die organisasie sê sedert die uitbraak in 2019 van bek- en klouseer in Limpopo, het die Departement van Landbou nog nie hulp verleen nie. Steyn sê die mees onlangse uitbraak in KwaZulu-Natal gaan tot ‘n verlies van miljoene Suid-Afrikaanse rand in bees-produksie lei. Sy sê die regering moet vergoeding betaal as boerdery in ‘n bio-veilige omgewing geskied het: