Bek-en-klouseer: Beperkings gedeeltelik opgehef

Die direktoraat veeartsenydienste in die Namibiese landbouministerie het bevestig die bewegingsbeperking op gesplete hoefdiere in die Zambezi-streek is gedeeltelik opgehef.  Die bewegingsbeperking in die Kabbe-Suid- en -Noord-kiesafdelings het gevolg ná ‘n ‘n uitbreking van bek-en-klouseer in Kabbe-Suid in die Zambezi-streek op 13 Oktober. Die hoof van die diens, dr. Albertina Musilika-Shilongo, sê altesaam 93,3 persent beeste is reeds in Kabbe-Suid ingeënt, maar daar is steeds infeksies in krale in die noordoostelike deel van dié gebied. Kabbe-Suid is steeds as besmette gebied verklaar, maar gesplete hoefdiere en hul produkte mag slegs binne dié gebied vervoer word, maar nie uit die besmette gebied nie.