Bek- en klou het reeds 5 000 bees besmet, 150 vrek

Berigte uit die Zambezi-streek lui dat 150 bees reeds gevrek het met meer as 5 000 diere wat besmet is met die serotipe-0 bek- en klouseer wat uitgebreek het. Dr. Albertina Shilongo, direkteur van veeartsenydienste in die landbouministerie sê die diere vrek as gevolg van honger en dors omdat hulle glad nie kan vreet of suip nie. Sy voeg by dat 170 000 diere twee keer geënt sal word.