Dit maak sin dat vierde vlaag na Kerstyd kom – Haufiku

Daar is baie menings uitgespreek oor ‘n vierde vlaag van Covid in Namibië wat sommige kenners meen sal voor die einde van die jaar die land tref. Ander meen weer dat dit meer sin maak dat gevalle sal toeneem na die Kerstyd met mense wat reis en ook bymekaar kom tydens die vakansie. Kosmos 94.1 Nuus het met die voormalige gesondheidsminister dr. Bernard Haufiku gepraat oor sy mening.