Behuising in Namibië steeds ‘n kwessie

In die Namibiese President Hage Geingob se tweede weergawe van die Harambee welvaartsplan het hy gesê sy regering sal 20 000 behuisingsgeleenthede voorsien, asook 24 000 gedienste erwe landswyd. Daar is onderneem om vyf bestaande informele nedersettings landswyd op te gradeer. Die regering het ook gesê dat hulle die Huurbeheerraad in werking sal stel om reguleringsmaatreëls in te stel. Simon Amunime van die Affirmative Repositioning het gesê daar is nog geen verwikkelinge met betrekking tot die Huurbeheerraad nie. Hy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.