Begroting: Onderwys is belangrik vir die Namibiese regering

Die toekenning van die begroting aan die verskeie ministeries is in die begrotingsrede bekend gemaak. Ipumbu Shiimi, die Namibiese minister van finansies, het gesê onderwys is ‘n prioriteit vir die regering. Toekennigs is ook aan die Namibiese universiteite, Unam en Nust, gemaak, asook 1,4 miljard Namibiese dollar aan die Nasionale Hulpfonds vir Namibiese studente.