BeFree reik uit in Katutura

Vroeër vanjaar het die #BeFree-kampus oopgemaak en die #BeFree Cares-kliniek het vroeër hierdie maand geopen om welstand-dienste aan die jeug te bied. Die BeFree Jeugkampus in Katutura is nou amptelik deur die One Economy Foundation geopen, nadat ‘n memorandum van verstandhouding met die jeug-ministerie onderteken is, en nog ‘n ooreenkoms met die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste gesluit is. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Saddam Biwa, programbestuurder by die #BeFree-kampus, wat uitlig wat by die moderne sentrum aangebied word.