Beesvleis-uitvoere styg met 97,5% in eerste kwartaal

Beesvleis-uitvoere het gedurende die eerste helfte van 2022 met 97,5 persent toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar. Die Katima Mulilo-uitvoer-abattoir het in die tweede kwartaal van 2022 bedrywighede hervat en uitvoere na Angola, Ghana en Tanzanië vergemaklik. Pryse betaal deur goedgekeurde slagplase suid van die veterinêre kordonheining deur beesvleis-uitvoer goedgekeurde abattoirs, het toegeneem van gemiddeld 52 Namibies dollar, 37 sent per kilogram gedurende die eerste helfte van 2021, tot gemiddeld 61 dollar, 6 sent per kilogram gedurende die tweede helfte van hierdie jaar, volgens die Vleisraad. Boonop het boere ook beeste van beter gehalte gelewer aangesien die slagmassa by uitvoer-goedgekeurde geriewe met 6,1 persent toegeneem het.