Bedrogspul by SA-binnelandse sake oopgevlek

Die minister van Binnelandse Sake, Aaron Motsoaledi, het verlede jaar aangekondig ‘n Ministeriële Komitee sal gestig word om alle permitte en visums te hersien, wat sedert 2004 uitgereik is. Die komitee se langverwagte verslag het bevind sekere amptenare van Binnelandse Sake het die reëls en regulasies rondom die verkryging van burgerskap in Suid-Afrika verontagsaam. Motsoaledi sê hy het ‘n multi-dissiplinêre taakspan aangestel om ‘n volledige ondersoek oor bedrieglike aansoeke te doen: