Bedrieërs teiken NamPower se skuldinvordering

NamPower sê dit het onder sy aandag gekom dat bedrieërs sy skuldinvorderingsplan gebruik om bedrog te pleeg. In ‘n verklaring sê die maatskappy dat kliënte geskakel word en ingelig word hulle rekening is agterstallig. ‘n Betaling moet onmiddellik gemaak word om te verhoed dat hulle toevoer afgesny word. NamPower sê die oproepe kom nie van hom af nie en versoek die publiek om eers met sy departement van finansies te verifieer. Die maatskappy is tans besig met verskeie plaaslike owerhede, die groter meerderheid in die Suide, sowel as Nored, wat nog nie hul rekenings vereffen het nie. Die kragvoorsiener word meer as ‘n miljard Namibiese dollar geskuld. ‘n Grasieperiode, waar rente afgeskryf sou word, het reeds op 31 Mei verstryk. Die maatskappy sal beurtkrag siklusse toepas vanaf 5 Junie.