Beatrice vat die 200-meter in Switserland

Beatrice Masilingi het dit weer gedoen! Sy het by die Gala Dei Castelli atletiekbyeenkoms in Bellinzona, Switserland die 200-meter gewen in ‘n tyd van 22,51 sekondes. Daar is onlangs berig dat Christine Mboma se dyspier-besering haar uit alle wedlope vir die res van die jaar gehaal het.