Bean se tref-en-trap beskuldigde soek regshulp

Jeff Clydon Gaweseb het vlugtig weer op Okahandja verskyn in verband met die tref-en-trap ongeluk op 11 November waarin die bekende fietsryer Christiaan Bean ernstig beseer is. Gaweseb, wat homself beskryf as ‘n Damara Punch-kunstenaar, staar vier klagte in die gesig. Hy het vanoggend, nadat hy in Februarie onskuldig gepleit het, die hof gevra vir uitstel sodat hy regshulp van die staat kan bekom. Die ondersoek is reeds voltooi en al Bean se mediese rekords is ook ingedien. Hy is uitstel gegun tot 23 Mei vanjaar maar, kenners meen dit is twyfelagtig of hy regshulp sal kan bekom omdat dit ‘n verkeersoortreding is. Video’s wat op die toneel geneem is het ook verskeie drankbottels in en om Gaweseb se voertuig getoon. Hy het homself eers baie later aan owerhede aangemeld na hy die toneel gevlug het.