BBP van derde kwartaal bevestig skade van onrus, beurtkrag

Die swakker as verwagte BBP-groeisyfers vir die derde kwartaal en die onlangse rekord-werkloosheidsyfer in Suid-Afrika bevestig die ernstige skade wat die burgerlike onrus in Julie en voortgesette beurtkrag aan die land se ekonomie aangerig het. Dit is die mening van ‘n ekonoom van die Noordwes-universiteit se Sakeskool, Raymond Parsons. Hy sê selfs landbou en mynbou het verswak. Parsons sê die goeie nuus is dat Suid-Afrika vanjaar waarskynlik steeds ‘n opswaai van sowat vyf-persent of net minder in BBP gaan toon.