Avonturier van Kaapstad wil Guinness-wêreldrekord breek

‘n Avonturier van Kaapstad wil geskiedenis maak deur die eerste gekleurde persoon van Afrika te word om alleen oor die Atlantiese Oseaan te roei. Die Guinness-wêreldrekords het aan die 35-jarige Ryan Jacobs die groen lig gegee om te probeer om die huidige rekord van Erden Eruç van Turkye te verbeter. Eruç het alleen van Namibië tot by Venezuela oor die Atlantiese Oseaan geroei. Dis ‘n afstand van 9 314 kilometer. Jacobs sal volgende jaar van Kaapstad tot in Barbados probeer roei. Hy sê hy wil die mening oor opelug- en adrenaliensport vir mense van kleur verander.