Bates onder beslaglegging by banke neem toe

Beslagleggings en die regulasies in verband met bankwese en skuld bly in die nuus. Met die huidige ekonomiese uitdagings word daar verwag dat aansoeke vir verstekvonnisse in die komende maande sal toeneem. Op die oomblik lui berigte dat kommersiële banke teen einde verlede jaar bates van amper 180 miljoen Namibiese dollar in voorraad gehad het, ‘n 87 persent toename van die 95 miljoen dollar wat aan die einde van 2020 aangeteken is. Die huidige wetgewing dwing banke om, op 91 dae sonder enige aktiwiteit op die lening, die saak te oorhandig na die howe toe.