Banyna Banyna klop Algerië op hul tuisveld

Sokker: Banyana Banyana neem ‘n 2-0 voordeel na die tweede been van hulle 2022 Afrika Vroue-nasiesbeker kwalifiserende ronde. Hulle het Algerië gister geklop in die eerste been in Soweto. Die Suid-Afrikaners reis na Noord-Afrika vir Woensdag se tweede wedstryd teen Algerië. Die wenner van dié wedstryd sal in Julie hulle plek inneem by die Nasiesbeker-eindronde in Marokko. Die voorste vier spanne by dié toernooi sal outomaties deurdring na die 2023 Fifa Vroue-wêreldbeker in Australië en Nieu-Seeland.