Visserye-ministerie: Uitgespoelde seediere nie vir menslike gebruik aanbeveel

Die Namibiese vissery-ministerie sê die harders wat langs die kus uitgespoel het, is veilig vir menslike gebruik indien dit steeds vars is, maar dit word nie aanbeveel nie. Dit volg nadat water in die Walvisbaaise strandmeer en omliggende areas getoets is en dit bevind is dat dit nie giftig is nie. Intussen het kreef en ander seediere ook op strande uitgespoel nadat die Swakoprivier die see bereik het. Die ministerie sê alhoewel die spesies nie gifstowwe bevat nie, kon dit begin vrot raak, wat dit nie geskik vir menslike gebruik maak nie.