Banyana Banyana se tuiskoms op Athlone-stadion gevier

Sokker: Die Suid-Afrikaanse Sokkervereniging bied môre vieringe vir Banyana Banyana se tuiskoms op die Athlone-stadion aan. Die span het op 23 Julie geskiedenis gemaak toe hulle die heel eerste keer die Afrikabeker vir Vroue kon lig ná ‘n oorwinning van 2-1 oor Marokko in die eindstryd. Die publiek kry gratis toegang om afrigter Desiree Ellis en die plaaslike Banyana-spelers te ontmoet en die oorwinning te vier.