Bannon sal vervolg word oor 6 Jan. getuienis

Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ten gunste daarvan gestem om die gewese president, Donald Trump, se raadgewer Steve Bannon vir minagting van die kongres aan te kla. Dit volg op sy weiering om sy samewerking te gee in die ondersoek na die aanval op die Amerikaanse Kongresgebou op 6 Januarie. Nege Republikeine het saam met die Demokrate vir die voorstel gestem. Die departement van Justisie sal nou oor Bannon se moontlike vervolging besluit. ‘n Demokraat, Adam Schiff, sê om Bannon aanspreeklik te hou vir minagting is ‘n tydige besluit om te bepaal of die demokrasie in Amerika besig is om te herstel: