Bankwese in SAOG is veerkragtig – kenner

Professor Jannie Rossouw van die Wits Sakeskool is van mening dat die krisis in bankwese wat tans in die VSA en in Switserland voorkom, nie sal oorspoel na die SAOG-streek nie. In sy mening is toesighouding en die strukturele bankstelsel in Suid-Afrika en die res van die streek uiters stabiel en banke is ook goed gekapitaliseer.