Banksy-kunswerk op stopteken gesteel

’n Man wat toegekyk het hoe ’n nuwe Banksy-kunswerk op ’n stopteken verwyder word net ’n uur nadat dit as outentiek bevestig is, sê hy het “met verwondering gekyk”. Die kunstenaar het die stuk met drie hommeltuie in Peckham in Londen geïnstalleer. Daar is gesien hoe twee mans die stopteken omstreeks half-een die middag afhaal. Die 26-jarige Alex sê niemand het geweet weet wat om te doen nie en “het net gesien hoe dit gebeur”. Die Metropolitaanse Polisie sê daar is geen huidige ondersoek na die voorval nie, aangesien niemand wat die kunswerk besit het na vore gekom het om dit as gesteel aan te meld nie. Die kunswerk op Commercial Way is Vrydag by foto’s op Banksy se Instagram-blad ingesluit.