Bank Windhoek se kankerappelprojek skop af

Bank Windhoek se jaarlikse kankerappelprojek het vandag weer amptelik afgeskop. Deur hierdie fondsinsamelingsprojek is oor die afgelope 21 jaar meer as 30 miljoen Namibiese dollar vir die Kankervereniging van Namibië ingesamel. Benewens die tradisionele appels, word appelsap ook vanjaar in die appelseisoen verkoop, asook “virtuele appels” regdeur die jaar. Die opbrengs van die projek sal in Maart volgende jaar aan die Kankervereniging oorhandig word. Een appel kos vyf Namibiese dollar. Baronice Hans, besturende direkteur van Bank Windhoek, sê vanaf môre sal Bank Windhoek se splinternuwe aanlyn-“appelwinkel” oop wees.