Bank Windhoek maan publiek na roof op Oshikango

Ná ‘n werknemer van Fysal Fresh Produce verlede Vrydag van 900 780 Namibiese dollar beroof is toe hy op pad was om die geld by Bank Windhoek op Oshikango in die Ohangwena-streek in te betaal, waarsku Bank Windhoek die publiek om versigtig en waaksaam te wees. Bank Windhoek sê in ‘n mediaverklaring die bank sal voortgaan met midaadbewusmakingsveldtogte, en die veiligheid van hul werknemers en kliënte bly ‘n hoofprioriteit. James Chapman van Bank Windhoek, het met Kosmos 94.1 Nuus gesels.