Bank werknemer aangekla van diefstal van N$196 000 by pensioenaris

‘n Bank Windhoek werknemer, Maria Ahab, 31-jaar oud, het in die Ondangwa-landdroshof verskyn op klagte van diefstal onder die wetgewing in verband met georganiseerde misdaad. Volgens die klagstaat het sy ‘n pensionaris by die bank op die dorp gehelp om 6 000 dollar te trek. Die pensioenaris het nie lekker gevoel nie en haar bankkaart en pin-nommer aan Ahab verskaf en ‘n week later het Ahab net minder as 196 000 dollar uit haar rekening getrek. Ahab ontken die klagte teen haar. Landdros Gabriella Perestrelo het haar 3 500 dollar borg toegestaan en die saak tot 7 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.