Bangladesj boul Proteas uit vir 367 lopies

Krieket: Bangladesj het die Proteas uitgeboul vir 367 lopies in hul eerste beurt op dag twee van die eerste toets in Durban. Temba Bavuma het op 93 die hoogste telling behaal. Dit beteken die gashere kon vandag slegs 134 lopies aanteken vir die verlies van ses paaltjies nadat hulle vanoggend op 233 vir vier hervat het. Khaled Ahmed was die besoekers se voorste bouler en het vier paaltjies laat kantel. Bangladesj het intussen begin kolf in hul eerste beurt.