Bande tussen Burundi en Rwanda versuur verder

Burundi word daarvan beskuldig dat hy probeer het om ‘n Rwandese jeugopstand aan te vuur om president Paul Kagame se regime omver te werp. Rwanda sê Burundi se leierskap het opruiende uitsprake gemaak ná die inhuldiging van Felix Tshisekedi se tweede termyn as president van die Demokratiese Republiek van die Kongo. Die Rwandese regering sê Burundi poog om verdeeldheid onder Rwandese te skep.