Ballito Rage-fees is gekanselleer

Die Ballito Rage-fees vir matrieks in KwaZulu-Natal is gekanselleer. Die organiseerders sê hulle het die besluit geneem nadat 32 gaste en vier personeellede positief getoets het vir Covid-19. Hulle het ‘n gesamentlike besluit geneem ná voorligting en samesprekings met die plaaslike en provinsiale departemente van gesondheid en ander betrokkenes. Die departement van gesondheid was op die terrein en het met die span saamgewerk om besmettings op te spoor en positiewe gaste en personeellede volgens regeringsprotokol in afsondering te plaas.