Baldwin weer aangekla na Rust-skietery
‘n Groot jurie het Alec Baldwin aangekla op ‘n klag van onwillekeurige manslag in die noodlottige skietery in 2021 op die stel van die rolprent Rust waar die kinematograaf Halyna Hutchins dood is. Spesiale aanklaers het die saak voor ‘n groot jurie in Santa Fe gebring, maande nadat hulle ‘n nuwe ontleding van die geweer wat gebruik is, ontvang het. Dit wil voorkom asof Baldwin wel die sneller getrek het omdat die geweer nie anders sou afgaan nie. Baldwin se prokureurs het aangedui dat hulle die saak verdedig.