Baldwin gedagvaar oor Rust-skietdood

Die familie van Halyna Hutchins, die kinematograaf wat verlede jaar op die stel van die film “Rust” doodgeskiet is, dagvaar Alec Baldwin, die film se vervaardigingsmaatskappye, sy vervaardigers en ander sleutellede van die span. Hutchins is verlede Oktober noodlottig geskiet tydens ‘n repetisie vir ‘n toneel vir die film, wat naby Santa Fe, New Mexiko, geskiet is. Die regisseur Joel Souza is ook beseer in die skietery wat plaasgevind het toe Baldwin ‘n skoot afgevuur het met lewendige ammunisie – blykbaar sonder dat hy bewus was. Die regsgeding beweer talle industriestandaard oortredings deur Baldwin en ander. Baldwin is ook ‘n vervaardiger van die rolprent. Sy prokureur Aaron Dyer het aan Amerikaanse media gesê hulle werk saam met owerhede om te bepaal hoe ‘n lewendige ronde ammunisie in die rewolwer beland het.