Baie sterf in ontploffings in Afghanistan

‘n Reeks ontploffings by ‘n skool Kaboel, Afghanistan, het gisteraand meer as 40 mense gedood. Volgens berigte was die meeste slagoffers vroue en dosyne is gewond. Reuters berig die Afghaanse president, Ashraf Ghani, het die Taliban vir die aanval blameer. Kaboel is op ‘n hoë gereedheidsgrondslag geplaas sedert Amerika verlede maand planne aangekondig het vir die onttrekking van al sy troepe teen September. Afghaanse amptenare sê die Taliban het aanvalle oor die hele land verskerp ná die aankondiging.