Baie spesiale troue in St Petersburg

Die voormalige imperiale hoofstad van Rusland sal vir die eerste keer in langer as ‘n eeu gasheer wees vir die troue van ‘n afstammeling van die land se koninklike familie. Internasionale media berig groothertog George Mikhailovich Romanov en sy Italiaanse verloofde, Victoria Romanova Bettarini, sal vandag in die St Isaac-katedraal in St Petersburg trou aan mekaar beloof. Dit word beskryf as ‘n uitgebreide godsdienstige seremonie met honderde buitelandse gaste. Die bruidegom se oupagrootjie, groothertog Kirill Vladimirovich, het tydens die 1917-revolusie die Bolsjewistiese geweld ontsnap en na Finland gevlug. Mikhailovich woon tans in Moskou.