Babi appelleer: N$290 000 in boetes, twee jaar agter tralies

Regters Herman Januarie en Naomi Shivute het vanoggend aanpassings aan renosterstroper Jackson Babi se vonnis en boetes gemaak. Hy het geappelleer teen sy vonnis van effektief 27 jaar. Babi is in September verlede jaar op Gobabis skuldig bevind aan die stroop van twee renosters. Die horings is by sy huis in Kleine Kuppe in Mei 2020 gevind. Sou Babi al sy boetes, 290 000 Namibiese dollar in totaal kan betaal, sal hy effektief twee jaar agter tralies wees. Yanna Smith het meer.