Babastorting was moontlik onwettige aborsie

Die Namibiese polisie het meer besonderhede oor die baba-storting wat Dinsdagmiddag in Goreangab bevestig is, deurgegee. Volgens adjudant-offisier Silas Shipandeni, ondersoek hulle ‘n voorval van onwettige aborsie. Die fetus, wat reeds begin ontbind het, was tussen drie en vier maande oud.