Baba weggegooi in Suide

Die Namibiese polisie sê dat ‘n ontbinde liggaam van ‘n baba in ‘n verlate huis in Aussenkehr gevind is. Die voorlopige ondersoek toon dat die kleintjie moontlik 4 of 5 maande oud was. Daar is tans geen verdagte in die saak nie en die baba se liggaam is vervoer na Rosh Pinah vir ‘n nadoodse ondersoek.