Baba van 10-maande in Noordwes vermoor

Die polisie in Noordwes ondersoek ‘n saak van moord nadat die liggaam van ‘n baba van tien maande Vrydag op ‘n erf gevind is. Voorlopige berigte blyk dat die baba se ma haar die vorige dag in die sorg van ‘n vriendin gelaat het. ‘n Polisiewoordvoerder, Adele Myburgh, sê ‘n 11-jarige seun het na bewering die baba later gaan haal en gesê die kind se ouma het gevra hy moet die meisie vir haar bring. Volgens Myburgh het die vriendin toe die baba aan hom oorhandig: