Icao-oudit in Maart

Die Namibië Burgerlugvaartowerheid berei voor vir ‘n diepgaande lugvaartoudit wat vir 16 Maart geskeduleer is. In afwagting van die oudit wat deur die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie, bekend as Icao, uitgevoer is, het die owerheid beduidende maatreëls onderneem, insluitend wetswysigings regulatoriese verbeterings , en gereelde vergaderings van belanghebbendes. Kosmos 94.1 nuus het met ‘n lugvaartkenner dr. Guy Leitch gesels oor hoekom die oudit so belangrik is en wat dit behels.