Baba amper in Ohangwena ontvoer

Die polisie op Ohangwena het ‘n kommerwekkende geval van kinder-ontvoering aangemeld. Volgens kommissaris Ottilie Kashuupulwa, die streekbevelvoerder, is ‘n 16-maande oue baba gegryp deur ‘n 40-jarige man terwyl sy kapana gekoop het. Die man het in taxi gespring en weggekom maar ‘n getuie op die toneel ken hom en kon die ma en die polisie bystaan. Hy is gearresteer en bly in aanhouding. Na wat berig word sê die man die kind is syne maar die ma sê sy ken hom glad nie.