Baba, 8 weke oud, kry leweroorplanting

Die Donald Gordon Mediese Sentrum-oorplantingskliniek by Wits Universiteit het ‘n leweroorplanting op die jongste pasiënt in Afrika uitgevoer, die agt-weke-oue Hudson Wilson. Volgens sy ma, Dani Wilson, het Hudson erge maagkrampe gehad en ‘n besoek aan die dokter het aan die lig gebring hy ly aan akute lewerversaking wat dodelik kan wees. Wilson sê verskeie toetse is op familielede gedoen, maar haar vriend Ali Piper was die enigste geskikte kandidaat vir ‘n oorplanting. Wilson sê Hudson en Piper sterk goed aan ná ‘n suksesvolle operasie.