B2Gold-raadsvoorsitter reageer op sluiting van Otjikotomyn

Die voorsitter van die B2Gold-raad, dr. Leake Hangala sê dit is jammer dat die Otjikoto-myn moet sluit weens die lewensduur van die goudmyn, wat tussen Otjiwarongo en Otavi geleë is. Die afskaling van bedrywighede in fases, in ooreenstemming met die sluitingsplan, is eers geskeduleer om te begin in die eerste kwartaal van 2024. Die afleggingsbeleid en -kriteria is tans nie beskikbaar nie, aangesien konsultasies met die Mynwerkers-unie van Namibië nie afgehandel is nie. Dr. Hangala het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.