AZ-inentings skop vandag in Khomas af

Die Lady Pohamba inentings-sentrum in die hoofstad open vanoggend tien-uur weer vir inentings. Die publiek word egter daarop gewys dat die gesondheidsministerie bepaal het dat net mense wat vir hulle tweede inenting van die AstraZeneca entstof en 1ste en 2de inentings met die Sinopharm entstof gaan van die gerief gebruik kan maak. Die 75 000 dosisse AstraZeneca entstof het reeds in die land aangekom. Namibiese gesondheidsministerie het intussen 229 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig. Eenhana het 41, Oshakati 26, Omuthiya 23,Tsumeb 17, Katima Mulilo 14 en Windhoek 12. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 18 650 aktiewe gevalle, met 99 191 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 121 043.