Schumi se horlosies behaal miljoene

Agt horlosies wat aan die Formule Een-ikoon, Michael Schumacher, behoort het, is vir sowat 74 miljoen Namibiese dollar verkoop op ‘n veiling in Genève, Switserland. Die duurste een is ‘n horlosie wat die voormalige uitvoerende hoof van Ferrari, Jean Todt, in 2004 aan die Duitse renjaer as ‘n Kersgeskenk gegee het. Schumacher, wat ‘n jaar na sy uittrede in ‘n ski-ongeluk was, deel die rekord van sewe F1-titels met die Brit Lewis Hamilton.