Veediefstal kom weer die naweek voor

Die Namibiese polisie het twee gevalle van veediefstal oor die naweek aangemeld. In een geval net buite die hoofstad is drie bees geslag. Die polisie het die toneel, waar die drie verdagtes afgelaai is, dopgehou maar, ‘n sekuriteitswag het hulle op heterdaad betrap en die drie het gevlug. Die voertuig is gekonfiskeer en die ondersoek duur voort. By Nkurenkuru in Kavango Oos, is ‘n man gearresteer nadat hy ‘n bees doodgeslaan en geslag het.