Taylor Swift en Miley Cyrus ding teen mekaar mee op die trefferlyste

Die 35-jarige popsuperster, Taylor Swift, het wêreldwyd weer op die trefferlyste gestyg nadat sy haar oorspronklike albums teruggekoop het.

Die 14-malige Grammy-wenner was op pad na die nommer een-plek met haar 2017-album, Reputation, maar dit blyk dat Miley Cyrus se nuut vrygestelde album, Something Beautiful, die plek in Brittanje verower het.

Swift se treffersnit is nou op nommer twee op die Official Albums Download-trefferlys, nadat dit deur Something Beautiful geblokkeer is.

Alhoewel Reputation nie heeltemal op nommer een beland het hierdie keer nie, het dit die plek regeer toe dit die eerste keer in 2017 vrygestel is.

Die album was verskeie kere op die top 100-lys sedert sy vrystelling, en drie keer onder die top 10. Dit is egter die eerste keer dat die album weer op die trefferlyste is sedert die jaar wat dit vrygestel is.

Dit is nie die enigste trefferlyste waarop Reputation styg nie, die album is tans terug op ‘n talle trefferlyste regoor die Verenigde Koninkryk, en in die top 10, op vier daarvan.

Foto: Verskaf