Geen rede om vriende met Botswana te wees nie

Daar is ‘n beroep op SAOG-lande gedoen om Botswana te boikot. Verskeie lede van die Nasionale Raad meen dat die kwessie van die skietery by die Chobe-rivier nie reg deur die buurland hanteer is nie. Die stigter van die Namibian Lives Matter-beweging Sinvula Mudabeti sê daar is geen rede om ‘n hand van vriendskap aan Botswana uit te reik nie.