Australiese owerhede lê klagtes oor ‘bedrieglike’ internet-spoed beloftes

Die mededingingskommissie in Australië het dagvaardigings teen die top drie internet-verskaffers by die hof ingedien, omdat hulle na bewering verbruikers mislei het met die spoed van hulle internet aanbiedings. Volgens die kommissie het die maatskappye, Telstra Corp, Optus en TPG Telecom betalings by kliënte ontvang vir internet spoed wat hulle nie kon verskaf nie. Die drie blammeer die staat se nasionale breëbandnetwerk wat die verskaffer van breëband dienste is maar al drie maatskappye het wel verligting vir hulle kliënte gebied. Die kommissie se voorsitter, Rod Sims, sê die maatskappye het verbruikers mislei met beloftes wat hulle geweet het hulle nie kan nakom nie. Die kommissie vra dat verskeie boetes uitgereik moet word.