Australiese aardbewing wek kommer

Die Australiese eerste minister Scott Morrison het sy steun toegesê aan mense wat deur die aardbewing in Victoria geraak is. Dié aardbewing het ‘n meting van 6 op die Richterskaal geregistreer. Inwoners langs die kus van Australië, in Victoria, Canberra, dele van Sydney en selfs in Tasmanië, kon die skudding voel. Enkele geboue is beskadig. Morrison beskryf die voorval as kommerwekkend en sê hy was in kontak met die premier van Victoria, Daniel Andrews, om die nodige hulp te verleen: